
Twyfelagtige Tomas
Waaroor twyfel jy wanneer dit kom by die Bybelse inhoud? Hoe dink jy voel God oor jou twyfel? Ons gesels Sondagoggend oor hierdie belangrike lewens- en geloofsvrae
Waaroor twyfel jy wanneer dit kom by die Bybelse inhoud? Hoe dink jy voel God oor jou twyfel? Ons gesels Sondagoggend oor hierdie belangrike lewens- en geloofsvrae
Ons gesels hierdie week oor ‘n moeilike tema: egskeiding – en wanneer is egskeiding geregverdig en hoe moet mense wat in God se Koninkryk leef daaroor dink en daarmee – sowel die partye daardeur geraak – omgaan.
Daar is 'n ontkoppeling by baie gelowiges tussen hul binne-lewe en die lewenshandel - tussen gered wees en 'n getuienis hê. Ons gesels hierdie week verder oor die implikasies van 'sout en lig wees' en hoekom hierdie proses van 'word soos die Koning' so belangrik is vir elke Christen
As jy die woord 'Koninkryk' of 'Koning' hoor watter beelde kom in jou gedagtes op? Is dit vir jou maklik om aan God te dink as die Koning van 'n Koninkryk? Gesels hierdie week saam...
Waarin plaas jy jou hoop? Hoe kan jy seker wees van daardie hoop? Hierdie week gesels ons oor die sekerheid waaraan Christene klou en die sekerheid waarin Christene leef.
Ons leef in 'n tyd waar informasie oorvloedig vanuit vele oorde beskikbaar is. Die probleem is die ou gesegde: "soveel stemme, soveel opinies" - mense is verwar deur die wye verskeidenheid van opinies, wat ook vele kere as 'onomwonne feite' voorgehou word. Dit word natuurlik baie erger in 'n tyd van krisis waar mense vanuit vrees en onsekerheid soek na inligting. Hoe moet Christene maak met al hierdie verwarring?
Het jy al iets of iemand in jou lewe gevrees? So gevrees dat jy aan niks anders kon dink en op niks anders kon fokus nie? Baie mense sit tans met hierdie vrees oor die impak van Covid op hul wêreld. Kom luister en gesels saam oor hoe Christene met vrees moet omgaan
Het jy al jouself afgevra: wie se skuld is hierdie virus? Is dit God se straf, of kom dit van die Duiwel af? Ds. Evert begelei ons deur hierdie moeilike onderwerp
Wat is die heel belangrikste kenmerk van 'n volgeling van Jesus? Jesus het gesê: "Hoe sal mense weet dat julle my dissipels is? Doen hierdie een ding: wees besorg oor mekaar."
Ons put groot vreugde daaruit wanneer ons sien hoedat ons kinders, studente of werknemers die teorie wat ons aan hulle oorgedra het begin toepas, nie waar nie? Hierdie week praat ons oor hoe dit lyk wanneer hierdie selfde ding in die lewe van 'n Christen gebeur.